Sjoe, jammer julle. Ek was lank weg! Hier in my woonstel in Takamatsu skyn die son helder deur die venster, terwyl ’n foto van ek en my familie wat in Pretoria vleisbraai rustig teen die muur hang. Ek mis die goeie tye, maar ek mis nie eintlik die land nie, want Japan is die beste. Die heel beste. Ons het die beste vissiekos wat die wêreld nog ooit gesien het.Vergelyk dit nou sommer met Eskom. Eskom staan nie ’n kat se kans met vissiekos nie. Nie eers Charlize Theron staan ’n kat se kans met vissiekos nie. Om nie eers te praat van daai swak Japanvissiekoswinkeltjie in Centurion nie.

Japan bly maar net die beste.